Woensdag die 11de is ons met kombi’s, motors, en bakkies na Tolla’s Place net buite Brackenfell waar ons as Dienssentrum gegaan het vir n vleisbraai In die buitelug. Wat ‘n lieflike plek. Die hele eet area en swembad is met ‘n tent, wat lyk soos ‘n sirkus tent, toegemaak en heerlik koel in die skaduwee.
Baie dankie aan ons bestuurder, Me Anne-Marie Watt, en haar span asook die vleisbraaispan. Die vleis en slaaie was uit die boonste rakke. Alles was net mooi en pragtig georganiseerd. Mag die jaar 2020 net vir almal geseënd en gesond wees.