Dinsdagoggend het ons bymekaar gekom vir n vroeë Kersdagete waarna ons baie uitgesien het maar, hoe groot was ons verbasing nie, toe, so by tienuur se kant, die Solomons omgeegroep daar opdaag, om nes vorige jare, weereens vir alle seniors ‘n geskenksakkie te bring – en niemand was oorgeslaan nie. Nie eers die kombuis en kantoorpersoneel nie. Baie dankie aan Vernon Solomons en sy groep. Julle het ons werklik verras.