A lady saw Tygerberg Meals on Wheels on Facebook and contacted management. She phoned many retirement centres, but they would not allow her to go there. Then she read about us on Facebook and requested to visit us. Her daughter of 11 years of age did the worship and prayer for us and then played a few songs on her violin. A friend of them, a magician, came along and entertained our seniors. They enjoyed the tricks he had up his sleeve.

Boodskap deur Deon Koegelenberg (Klublid)

Nog ‘n jaar het vir vele van ons seniors net te gou verbygegaan. Daarom is dit vir ons ‘n riem onder die hart om te weet daar is ander wie ons nie weggegooi of van ons vergeet het nie en ook nie dit te veel moeite geag het om daardie ekstra kilometers saam met ons te stap nie. Tygerberg Dienssentrum het alle verwagtinge oortref en die laaste paar dae voordat die klub vir die feesseisoen toemaak, dit ‘n onvergeetlike en genietende ervaring vir al ons seniors gemaak. Maandagoggend was ons getrakteer deur ‘n moeder en dogter (Lynn en Kaylie) wie hul harte vir ons oopgemaak het. Kaylie het ‘n paar van haar liedjies vir ons op haar viool gespeel en ook die Godsdiens waargeneem. Wat ‘n uitmuntende jong meisiekind. Tee en koffie en heerlike eetgoedjies was voorgesit terwyl ‘n kulkunstenaar ons vermaak het met sy kul-jou-hier kul-jou-daar toertjies.